SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Het jy aanleg vir taal en hou jy daarvan om te lees? Geniet jy die vryheid, diversiteit en uitdagings wat 'n vryskutloopbaan bied? Dan is 'n loopbaan in proeflees en/of redigering net die keuse vir jou. Daar is altyd 'n groot aanvraag na mense wat vryskut-proeflees- en/of redigeringsdienste aanbied.

As 'n vryskut-teksredigeerder sal jy jou dienste - teen betaling, natuurlik - vanuit die gerief van jou tuiskantoor kan aanbied. Dit beteken dat jy, as jou eie baas, oor die tipe werk wat jy aanneem, kan besluit. En die keuse is WYD! Goeie redigeerders word daagliks gesoek om e-boeke, artikels, internet-artikels, webblaaie, nuusbriewe, korporatiewe dokumente, hofdokumente, manuskripte, doktorale tesisse of bykans enige dokument wat taalkundig versorg moet word, onder hande te neem en reg te skaaf sodat dit algeheel persklaar is.

Klink dit soos die vryskutloopbaan vir jou? Dan moet jy sonder versuim vir ons kursus inskryf waar ons jou soveel moontlik kennis omtrent teksredigering laat opdoen - met oorgenoeg praktiese ondervinding om jou te wys, eerder as om net te vertel.

Duur: 5 maande 

Modules: 7 modules

Kursusfooi: R3,800

Afbetalingsopsies

R1,900 x 2

R1,266 x 3

R950 x 4

 

    • Verskil tussen proeflees en redigering

    • Konsekwente punktuasie

    • Maak seker van die Afrikaans wat jy gebruik

    • Styl - syfers, afkortings, werkwoorde, voornaamwoorde, ens.

    • Grammatikale wenke

    • Werk elektronies - woordverwerker, internet, woordeboeke, sagteware

    • Onfeilbare bronne

    • Maniere om spelling te verbeter

    • Pas jou kennis op verskillende genres toe

    • Waar en hoe om werk te kry

    • Teoretiese teksredigering

    • Werk vryskut 

 

 

Volledige studiepakket

    Omvattende studienotas (350 bladsye)

    • 16 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

    • Aanlyneksamen om vaardighede in ‘n gekontroleerde opset te toets

    • Hulpdokumente

    • Gereedheidstoets + Kontrolelys

    • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

    • Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair    

    E-boek: Jou vryskutbesigheid

    E-boek: SAV Taalhandboek

    Spesiale verslag: Hoe om jouself te bemark

    Spesiale verslag: Vryskutfinansies V & A

    • Produktiwiteitshulpmiddel: SAV Dagbeplanner

    • Produktiwiteitshulpmiddel: SAV Tydbeplanner

    • Kulblaaie (cheat sheets): Taalkwessies

    • Inligtingsdokument: Gratis aanlynwoordeboeke       

 

Toelatingsvereistes

  • Uitstekende taal- en skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

 

Tyd benodig

Jy kan die kursus, wat oor 5 maande strek, algeheel teen jou eie pas aanpak, maar jy benodig minstens:

  • 20 ure vir leeswerk, en

  • 30 ure vir redigering, wat basies op sowat 2 ure per week neerkom.

  • 'n Ekstra maand is ook beskikbaar indien daar iets onverwags voorval. 'n Bykomende maand word ook outomaties bygevoeg indien jou kursus oor Desember strek.

  • Jy is natuurlik ook welkom om die kursus gouer te voltooi indien jy wil of kan.

 

Slaagvereistes

Minstens 85%

['n Gratis ekstra werkstuk is beskikbaar indien jy nie die vereiste 85% behaal nie.]


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

Wil jy slegs aan 'n paar redigeringsaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.

Blitskursusse


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse